Volgens Johan Krogh is dit duidelik dat rowe en veral diefstal aan die toeneem is in die omgewing met nie minder as vyf diefstal gevalle wat oor die naweek alleen aangemeld is nie. Lêerfoto.
Minstens 11 misdaadinsidente is gedurende die naweek van 16 tot 18 Oktober in Randwes by EPR Sekuriteit aangemeld.
Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente (ses) by wonings plaasgevind, gevolg deur twee by besighede, en een elk by ‘n vulstasie, kerk en welsynsorganisasie.
“Dit was nie net ‘n besige week wat gekenmerk is deur gewapende rooftogte veral in Westonaria nie, maar ook ‘n besige naweek in die area met verskeie insidente wat aangemeld is.
Dit is duidelik dat rooftogte en veral diefstal aan die toeneem is in die omgewing, met nie minder nie as vyf gevalle van diefstal wat net oor die naweek aangemeld is.
“Die diefstal van hekmotors en hekmotoronderdele is ook weer aan die toeneem en inwoners moet seker maak dat hul skuifhekke nie maklik van die glystaaf gelig kan word nie, aangesien dit is hoe misdadigers toegang tot die perseel verkry.”
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:
EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.