CrimeNews

Welkome reën stop nie misdadigers nie: 11 insidente die afgelope naweek – EPR

Die meeste insidente (ses) het by besighede plaasgevind gevolg deur vier by wonings en een by 'n skool.

EPR se jongste misdaadverslag toon dat besighede in Randwes weer erg onder misdaad deurgeloop het.

Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand, is minstens 11 insidente vir die tydperk van 30 Oktober tot 1 November aangemeld.

Die meeste insidente (ses) het by besighede plaasgevind gevolg deur vier by wonings en een by ‘n skool.

Twee van die insidente by wonings, naamlik by ‘n huis in Helikonpark en op ‘n plot in Zuurbekom, was nie misdaadverwant nie maar daar was natuurskade.

Die twee ander insidente by wonings was ernstiger en sluit in diefstal op ‘n plot in Hillside en intimidasie by ‘n kompleks in Randpoort.

Die besighede wat geteiken is, is in Randridge, Homelake, Aureus, Westonaria, Mohlakeng en Randfontein. Die insidente sluit in inbraak, diefstal, saakbeskadiging en roof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button