Local newsNews

VIDEO: Plaaslike sanger wil siele red

‘My missie is om siele te red in die gebroke land, daarom sing ek ‘n lied vir hierdie land en sy mense om weer Suid-Afrika en Randfontein vir Jesus te wen’.

Morne van der Westhuizen het sy lewe lank ‘n passie vir musiek.

Hy het onlangs ingeskryf vir die Voices for Jesus-kompetisie op die radiostasie Jil Gospel Radio om verlore siele te red vir die Here.

Kyk hier:

Morne het vertel dat hy nog altyd ‘n sanger wou word, en is geseën met ‘n gawe om te bedien. Hy hoop om deur sy stem honger siele te red want God se Woord sê: ‘Gaan maak dissipels van alle nasies en leer hulle om alle dinge te onderhou’. Hy het homself leer klavier speel en hy geniet elke oomblik daarvan.

Ek het ‘n gawe gekry en daarom leef ek myself uit in my musiek. “My missie is om siele te red in die gebroke land, daarom sing ek ‘n lied vir hierdie land en sy mense om weer Suid-Afrika en Randfontein vir Jesus te wen, want Hy seën ons met dit wat ons het en dit wat ons kan doen,” het Morne vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button