Minstens 10 misdaadinsidente is gedurende die naweek van 13 tot 15 November in Randwes by EPR Sekuriteit aangemeld.
Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente (ses) by besighede plaasgevind, gevolg deur vier by wonings.
Die areas geteiken sluit in Greenhills, Hectorton, Westonaria, Aureus, Wheatlands en op Main Reefweg in Randfontein.
“Die naweek is gekenmerk deur nie minder nie as drie gewapende rowe in die Randwes-area. Dit sluit in twee besigheidsrowe en een huisroof.
Dit is baie duidelik dat namate die feesseisoen nader kom dat gewelds- en kontakmisdade in die area aan die toeneem is, en alle inwoners en besigheidseienaars word gewaarsku om meer oplettend en paraat te wees. Misdaad in die area is beslis aan die toeneem en dit kan ook gesien word aan die gevalle van huisbraak en diefstal wat aangemeld is.”
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:




