Local newsNews

Multi Charity se plan om gesinne te help dié Kerstyd

'Dié jaar wil ons vir die gesinne op Oukersdag hulle kospakkies aflaai sodat hulle genoeg kos het vir die Kerstydperk, en dit ook spesiaal vir hulle sal wees.'

Die feestyd is hier en Monica en Craig Lancellas van Multi Charity Randfontein is weer besig met hul jaarlikse Kersprojek.

Monica het vertel dat hulle vanjaar die minderbevoorregte mense in die gemeenskap met ‘n kospakkie wil seën.

“Die rede hoekom ons dit doen is om mekaar te probeer help in die ekstra moeilike tyd en ook om vir die behoeftige gesinne ‘n spesiale Kersdag te kan gee,” het sy vertel.

Hulle beoog om ‘n verskil te maak en te weet dat deur liefde asook omgee daar mense sal wees wat ook kos op die spesiale dag het.

Dié jaar wil ons vir die gesinne op Oukersdag hulle kospakkies aflaai sodat hulle genoeg kos het vir die Kerstydperk, en dit ook spesiaal vir hulle sal wees,” het Monica gesê.

Hulle help tans 50 gesinne met kospakkies.

“Jy kies hoeveel gesinne jy wil borg, dan vat jy ‘n boks en plaas produkte daarin wat jou hart begeer. Dan bind jy die boks toe met ‘n lint want as hulle die lint oopmaak, moet hulle weet dat dit Jesus se liefde is wat in die boks gepak is.”

Monica en Craig vra dat die gemeenskap hulle sal help om ‘n gesin te seën met ‘n kospakkie.

Dié in die gemeenskap wat wil help kan vir Monica kontak by 072 813 0192 of die kospakkies aflaai by die Multi Charity winkel by Uniestraat 42, Randgate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button