CrimeNews

Agt insidente by besighede in eerste naweek van Desember

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys minstens nege insidente waarvan agt by besighede was.

Die meerderheid van die misdaadinsidente wat oor die naweek gerapporteer is, was by besighede.

Dit is volgens EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag vir hul kliëntebasis in die Rand-West-area vir die tydperk van 4 tot 6 Desember. Nege misdaadinsidente is gerapporteer, waarvan agt by besighede was.

Die plekke wat geteiken is, is Cook 1, Aureus, Culemborgpark, Wilbotsdal en Greenhills. Op Sondag, 6 Desember was daar een insident van gesinsgeweld op ‘n plot in Brandvlei.

In vergelyking met vorige weke was daar hierdie afgelope naweek geen gewapende rowe nie. Huisbraak, diefstal en saakbeskadiging bly nog hoog op die lys van misdrywe. Kabeldiefstal is weer aan die toeneem in die area,” het Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button