Local newsNews

Smullekker kaaskoek vir die Kerstafel

Juanita Venter deel met ons haar Kersfees-kaaskoekresep.

Die Herald het ‘n draai gaan maak by die Petite Chef-kookskool waar die eienaar, Juanita Venter vir ons verduidelik het hoe om ‘n smullekker kaaskoek te maak – iets wat perfek vir vanjaar se Kerstafel sal wees.

Kersfees-kaaskoek in vrugtekoektertdop 

Voorbereidingstyd: 45 minute

Baktyd : 80 minute

Afkoeltyd: 3 uur

Genoeg vir 8 mense

Bestanddele:

• 1 x 500g onversierde vrugtekoek
• 3 x 230g houers roomkaas
• 180ml suurroom
• 300g strooisuiker
• 3 x eiers
• 1 x eiergeel
• ‘n knippie sout
• 5ml vanillageursel of 1 vanillapeul
• 30ml heuning
• Kersies, aarbeie, bloubessies en ment om voor te sit

Metode:

• Voorverhit die oond tot 160°C.
• Sny vrugtekoek in skywe van 2–3cm dik, en pak dit styf teen mekaar onder in ’n 22cm-losboomkoekpan.
• Verkoel dit in die yskas.
• Pols die orige bestanddele in ‘n voedselverwerker (nie te veel nie) tot glad.
• Skep in die vrugtekoektertdop.
• Voer ‘n diep oondpan met ‘n vadoek uit, plaas die koekpan in die oondpan en giet louwarm water rondom.
• Bak teen 160°C vir 80 minute tot die rande gestol het en die mengsel effens drillerig in die middel is.
• Haal uit die oond en laat tot kamertemperatuur afkoel.
• Plaas dit 3 uur lank in die yskas om te stol.
• Keer die kaaskoek op ‘n bord uit en versier met kersies, aarbeie, bloubessies en ment.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button