CrimeNews

EPR-misdaadverslag: 15 insidente in eerste naweek van 2021

Eerste volledige misdaadverslag van EPR in 2021 wys minstens 15 insidente waarvan meeste by besighede was.

Die meerderheid van die insidente wat oor die eerste naweek van 2021 gerapporteer is, was by besighede.

Dit is volgens EPR Sekuriteit se misdaadverslag vir hul kliëntebasis in die Rand-West-area vir die tydperk van 1 tot 3 Januarie. Uit die 15 insidente gerapporteer is 12 aan misdaad verwant. Drie insidente van natuurskade is ook gerapporteer.

Die plekke wat geteiken is, is Glenharvie, Wilbotsdal, Helikonpark, Hillside, Westonaria, Aureus, Greenhills en Westergloor. Op Saterdag, 2 Januarie was daar een insident van gesinsgeweld by ‘n woning in Oasis Manor.

Die afgelope naweek is nie minder as ses huisbraakinsidente aangemeld nie. Daarmee saam was daar ook vier diefstalgevalle en drie van skade weens die erge reën wat oor die naweek geval het. Sterkte aan die inwoners wat skade gehad het weens die reën.

“Ons wens inwoners ‘n veilige en voorspoedige 2021 toe,” het Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button