Local newsNewsUpdate

Jongste statistieke: 34 plaasaanvalle, 11 boere vermoor in Desember

ToekomsVonk se jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekendgemaak.

Die burgerregte-organisasie ToekomsVonk hou sedert 2017 noukeurig rekord van aanvalle en moorde op plase.

In ‘n verklaring wat die organisasie vandag, 8 Januarie 2021 uitgereik het, het Amor Gerber, Direkteur: VonkVeiligheid, bekend gemaak dat daar verlede jaar 446 plaasaanvalle was en 77 boere vermoor is. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval gedurende 2020 was 92 en die jongste was een jaar oud. Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle en -moorde gedurende die jaar was 58.

Lees ook: Vanjaar reeds 287 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde

Alhoewel daar ‘n geringe afname (3 persent) in die totale aantal plaasaanvalle tussen 2018 en 2020 was, het die aantal plaasmoorde in dieselfde tydperk met 20 persent toegeneem.

In Desember 2020 was daar 34 plaasaanvalle en 11 boere is vermoor. In dié tyd het die meeste aanvalle op ‘n Maandag plaasgevind. Verder dui die statistieke aan dat die meeste aanvalle (39 persent) tussen 6nm en middernag uitgevoer is.

Dit is duidelik dat plaasaanvalle nie deur individue uitgevoer word nie, maar deur bendes,” het Gerber gesê.

Die gemiddelde aantal aanvallers vir die jaar was vier per aanval. Die grootste getal aanvallers wat by een voorval betrokke was, was 20.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button