Local newsNews

Jy kan ‘n verskil maak: 40 dae en 40 items-projek geloods

Hulle Westonaria-tak kan ook geskakel word en Marissa Lombard sal daar kan help. Haar nommer is 083 532 5305.

Die afgelope jaar was moeilik vir almal en die Esperança Foundation het vertel dat hulle met al hoe meer mense te doen kry wat ‘n nood het vir kos.

Dit is juis om dié rede dat hul 40 dae 40 items-projek so belangrik is vir Sara van Rensburg en Yolandie Pestana van die organisasie.

Die afgelope paar jaar vra dié ystervroue die gemeenskap om vir 40 dae lank elke dag net een item wat hul nie meer benodig nie, in ‘n sak te sit. Aan die einde van die 40 dae kan die 40 items dan aan hul organisasie geskenk word, wat dit op die regte plekke sal uitdeel.

Die 40 dae-projek duur vanjaar van 1 Februarie tot 12 Maart.

Hierdie jaar het Deon Knoetze is ‘n vrywilliger wat graag uithelp by hul organisasie aangesluit.

Yolandie het vertel dat familielede al hoe meer by mekaar moet intrek omdat iemand hul heenkome verloor het.

Daar is ‘n groot tekort aan daaglikse kos, maar ook kospakkies vir families,” het sy vertel.

Hulle kort veral warm komberse voor die winter, niebederfbare kos en skryfbehoeftes. Sara het vertel dat hulle ook agtergekom het dat baie mense nie ontsmettingsmiddels of maskers kan bekostig nie, daarom het hulle dit ook nodig.

Ongelukkig moes hulle as gevolg van die inperkingstyd hul winkel toemaak, maar hulle is steeds besig om die gemeenskap te help en het veral tydens die oorstromings aan die begin van Januarie vinnig ingespring en gehelp.

Nog iets waaraan daar ‘n groot tekort is, is babaprodukte en die twee het vertel dat hulle dringend doeke, melk, kleertjies vir van pasgeborenes tot 18 maande, asook klere vir mans en seuns nodig het.

Later in die jaar kan die gemeenskap weer uitsien na hul modekompetisie wat hulle beoog het om elke jaar te hou, maar soos Yolandie gesê het was 2020 ‘baie deurmekaar’.

Hierdie jaar gaan hulle weer die kompetisie hou en die gemeenskap kan hul Facebook-blad dophou vir meer inligting.

Indien jy meer wil uitvind of wil weet waar jy jou 40 items kan gaan aflewer, skakel gerus vir Sara by 073 214 5181 of Yolandi by 062 748 4657. Hulle Westonaria-tak kan ook geskakel word en Marissa Lombard sal daar kan help. Haar nommer is 083 532 5305.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button