Local newsNews

Jong vrou stig huis van veiligheid vir babas

Bebruchka-ann Olwagen is dalk net 21 jaar oud, maar sy het reeds haar eie huis van veiligheid vir babas geskep.

Bebruchka-ann Olwagen is dalk net 21 jaar oud maar sy het reeds haar eie huis van veiligheid vir babas geskep.

Sy is ‘n geregistreerde pleeg- en veiligesorgma, en die stigter van One at a Time Foundation en Baby Kai Projects.

Die huis van veiligheid is in 2019 gestig en die meeste van die babas is slegs hier in veilige sorg, wat van drie tot nege maande kan wees. Hulle bly hier totdat hulle in pleegsorg geplaas kan word of na hul permanente huise toe gaan.”

Bebruchka-ann het vertel dat sy van kleintyd af ‘n baie groot passie gehad het vir gemeenskapswerk en kinders.

“Sedert ek kan onthou het ek goed ingesamel en vir minderbevoorregte mense gegee.”

Sy het verduidelik dat sy na matriek besef het dat sy meer wil doen en meer wil beteken vir ander.

“Ons het in daardie stadium soveel babagoed in die huis gehad en ek het gevoel ek kan baie kinders daarmee help.”

Sy het geweet dat pleegsorg ‘n manier sou wees om meer te kon doen en sy het ‘n babakamer in haar huis ingerig.

Ek was 19 toe ek met die proses begin het en een van die vrae wat ek die meeste gevra word is ‘jy is nog so jonk, hoekom nou?’. My antwoord is altyd dat dit my droom is om ‘n mamma te wees vir kinders wat ‘n mamma die meeste nodig het.”

Sy glo dat hoe jonger mens daarmee begin, hoe langer kan jy dit doen en vir meer kinders ‘n goeie begin in die lewe gee.

Bebruchka-ann is die hoofpleegsorgouer, versorg self die babas en doen al die insamelings self. Sy het vertel hoe gelukkig sy is om ‘n wonderlike ondersteuningstelsel te hê, en dat haar familie altyd daar is indien sy hulp nodig het.

By die huis van veiligheid is hulle grootste behoefte formulemelk soos Infacare nr 2, en Lactogen nr 2 en 3, asook doeke.

Haar doel is om ‘n groter huis te kry waar sy mense kan aanstel om haar te help om na die babas om te sien.

Bebruchka-ann bedank ook graag elke persoon wat haar die afgelope paar jaar ondersteun en gehelp het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button