Local newsNews

DIY: Hoe om self ‘n staanlamp vir poppe te maak!

Christiaan Nolan, 11, Sebastian Pretorius, 10, en Henk Nolan, 10, maak allerhande soorte meubels vir poppe.

Drie skoolseuns het onlangs koppe bymekaar gesit en hul eie besigheid met die naam My little furniture begin.

Christiaan Nolan, 11, Sebastian Pretorius, 10, en Henk Nolan, 10, maak allerhande soorte meubels vir poppe. Hulle het juis onlangs stap vir stap gewys hoe jy ‘n staanlamp vir jou poppe kan maak.

Jy gaan die volgende vir die projek nodig hê:

• ‘n Lympistool
• Boor
• Saag
• Hamer
• Verf en kwaste
• Houtvernis
• Stukkie afvallap
• Skêr
• Ou houtstomp
• Klein dell-stokkies
• Modge Podge
• Stuk ou plastiek
• Versierings
• Skuurpapier
• Karton

Volg hierdie stappe om die lampskerm te maak:

• Stap 1: Saag ‘n skyfie hout af.

• Stap 2: Skuur die skyfie hout glad met skuurpapier.

• Stap 3: Boor ‘n gaatjie in die middel van die skyfie.

• Stap 4: Sny ‘n stukkie materiaal van 15cm x 15cm, plaas onderstebo op plastiek en verf ‘n dik laag Modge Podge bo-oor en laat droog word.

• Stap 5: Op ‘n stuk ou karton, trek twee halwe sirkels met dieselfde middelpunt. Die eerste sirkel moet ‘n 2cm-radius hê, en tweede sirkel ‘n 6cm-radius. Trek ook ‘n volledige sirkel met ‘n radius van 1cm. Sny die sirkels uit.

• Stap 6: Gebruik die uitgesnyde kartonsirkels om patrone uit die droë Modge Podge-lap te sny, en knip die patrone uit.

• Stap 7: Draai die materiaal wat uitgesny is en gom die reguit kante aan mekaar vas. Plak die klein sirkel bo-op met die lympistool.

• Stap 8: Versier die lampskerm met ‘n afwerking van jou keuse.

• Stap 9: Meet 15cm op die dell-stokkie en saag.

• Stap 10: Kap die stokkie in die basis in.

• Stap 11: Verf stokkie met gekose kleur.

• Stap 12: Vernis die houtskyfie en laat droog word.

• Stap 13: Plak die skerm aan die voetstuk vas.

• Stap 14: Lekker speel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button