Local newsNews

VLU bied aan eerste aanlynkonferensie ooit

Die Vrouelandbou-unie se konferensie sal dié jaar aanlyn plaasvind.

Die Vrouelandbou-unie het besluit om hul konferensie vanjaar op ‘n meer moderne wyse aan te bied.

Die VLU se streeksbestuur het op Maandag, 1 Maart vergader om hul konferensie te beplan wat dié jaar aanlyn sal plaasvind as gevolg van die Covid-19 pandemie.

Ria Herbst, tweede visevoorsitster. Foto: Michelle Roodt.

Streekskakelbeampte Debbie Coetzee het vertel dat dit hulle eerste vergardering in twee jaar was omdat hulle nie in 2020 ‘n konferensie kon hou nie.

Hulle gaan hul konferensie uitsaai op YouTube, en het vir dominee Carel Pienaar van die NG Kerk Randfontein-Wes gevra om hulle te mentor om die konferensie aanlyn aan te bied omdat hy sy preke aanlyn doen.

Debbie Coetzee, Streekskakelbeampte. Foto: Michelle Roodt.

Debbie het vertel dat die konferensie op 13 Maart sal plaasvind en direk uitgesaai gaan word, en dat hulle baie daarna uitsien.

Dominee Carel Pienaar besig om vir die streeksbestuur te verduidelik hoe om die video te maak. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button