Local newsNews

Bejaardes brei vir Ram se minderbevoorregtes

Oumas van Vriendskaptuiste het vir die minderbevoorregte leerders van Laerskool Randfontein skooltruie gebrei vir die winter wat kom.

Vriendskaptuiste het besluit om Laerskool Randfontein op Vrydag, 5 Maart te verras met 20 handgebreide skooltruie.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, is die truie aan die skool se minderbevoorregte leerders geskenk. Elmarie Kritzinger en dr Annelize Naude het as verteenwoordigers van Vriendskaptuiste die truie afgelaai.

“’n Groep oumas, almal bo die ouderdom van 80, was bekommerd oor die maats wat nie iets warms vir die winter gaan hê nie,” het Annie vertel.

Malie Pieterse, Marie Strydom, Hettie Strydom, Sue Bauwer, Lettie Deysel, Bettie Peach en Wessie Stringer het toe aan die werk gespring en truie gebrei.

“Hulle het vir geldskenkings gevra sodat al die wol wat hulle moes aankoop die regte kleure kon wees.”

Annie het vertel dat as gevolg van Covid-19 kon die oumas ongelukkig nie self die truie by die skool kom aflaai nie maar Leon Haupt het die truie met liefde ontvang.

“Leon het sy dank aan al die oumas uitgespreek en hy beplan om hulle te verras met ‘n spesiale koek om dankie te sê vir hul moeite,” het Annie vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button