Local newsNews

Dogter spog met vele talente op die ouderdom van 12

Sharica Bondesio spog reeds met meer as 80 titels in modelwerk en het 'n passie vir dans.

Sharica Bondesio,12, spog met meer as 80 titels in modelwerk. Sy het duidelik ook ‘n groot passie vir dans.

Volgens Erica Bondesio, Sharica se ma, is haar dogter baie lief vir skool en haar twee Yorkies, Lilly en Oreo.

Sharica dans al vir die afgelope sewe jaar. Die afgelope vier jaar is sy ‘n akrodanser by die Trinity Dance Company en het reeds haar Gauteng-kleure in dans verwerf. Sy was ook in 2019 deel van die Suid-Afrikaanse span wat in Kroasië aan die Dance Star World Championships deelgeneem het.

KOERANT FOTO – Sharica Bondesio is lief vir dans en modelwerk. Foto: Michelle Roodt.

Erica het vertel dat Sharica ondanks die grendeltydperk in 2020 die Dance for Good-kompetisie gewen en deurgegaan het na die televisierondte van kykNET se Dans in Jou Taal. Sy was een van drie dansers wat gekies is om op die Ster Status-televisieprogram te dans.

In 2020 het sy die Solo Danser- asook die Danser van die Jaar-titel by haar dansskool ontvang.

“Sharica is baie opgewonde om weer deel te wees van haar skool se pom-pomgroep, RAM Extreme,” het Erica vertel.

Sy was ‘n NEA-afdelingwenner en het saam met die Trinity Dance Company verskeie toekennings ontvang by Talent America.

Sharica doen nou eers vier jaar land modelwerk en neem aan kompetisies deel, en onder die meer as 80 titels wat sy reeds verwerf het, is Little Miss World SA, Petite Miss RSA, Miss Elite SA, Toddler and Tween of the World, Miss Grand South Africa, en National Super Model RSA. Sy het ook reeds Suid-Afrika by Little Miss World in Griekeland verteenwoordig.

Tydens die grendeltyd het sy deelgeneem aan Talent America waar sy 10 gouemedaljes – twee vir solodans en agt vir modelwerk – asook twee spesiale toekennings ontvang het.

“Sy is baie lief vir haar gemeenskap en is betrokke by verskeie liefdadigheidsorganisasies in en rondom haar gemeenskap. Sy hou ook daarvan om vir kinders terug te gee of iets goed vir hulle te doen.”

Sharica Bondesio is lief vir dans en modelwerk. Foto: Michelle Roodt.

Hierdie jong dame het ‘n Nedbank Community Builder Award ontvang vir haar betrokkenheid by die gemeenskap en is in 2020 in twee afdelings genomineer vir ‘n SIFWA-toekenning asook ‘n African Children Award, waar sy die algehele wenner was van die toekenning in haar afdeling.

Erica het vertel dat haar dogter se grootste droom is om as Mej Suid-Afrika gekroon te word en daardeur ‘n groter verskil te maak.

Na skool wil Sharica menslike beweegkunde gaan studeer asook ‘n professionele model word. Nou wil sy egter eers haar laaste jaar op laerskool geniet en hoop om aanvaar te word by die hoërskool van haar keuse.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button