Diefstal en huisbraak is bo aan die lys van die 23 misdaadinsidente wat die afgelope week in Rand-Wes plaasgevind het.
Dit is volgens EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag vir hul kliëntebasis in Rand-Wes vir die tydperk van 14 tot 20 Junie.
Die afgelope week het die area erg gebuk gegaan onder diefstalvoorvalle. Inwoners en besigheidseienaars moet los items wat buite is, veilig bêre en verseker dat deure na buitegeboue en motorhuise gesluit bly.
“Besigheidseienaars moet ook selfone en ander elektroniese toerusting buite bereik van voornemende diewe hou wat dit van ‘n toonbank of lessenaar af kan gryp en hardloop,” het algemene bestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand, Johan Krogh gesê.
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:




