NewsSchools

Ram plaas bejaardes eerste op hul 84e verjaarsdag

'n Sleepwa vol goedere is aan die ouetehuis geskenk.

Laerskool Randfontein het besluit om vir hul eie verjaarsdag eerder ander te bederf.

Op Dinsdag 3 Augustus het die skool 84 geword en na inwoners van Vriendskaptuiste uitgereik.

Volgens die organiseerder en voorsitter van die leierouerkomitee, Sonet Lombaard, het hulle ‘n sleepwa vol goedere by die ouetehuis gaan aflaai.

Daar is vars gebakte produkte, vrugte, lekkernye, sjokolade, koekies, seep, rome, troetelprodukte en komberse geskenk.

Dit was ‘n leierprojek en leerders is gevra om iets klein skool toe te bring op die skool se verjaarsdag,” het sy gesĂȘ.

Sy het verduidelik dat hulle besluit het op Vriendskaptuiste omdat die bejaarde inwoners dit verdien om bederf te word.

Volgens Sonet het die stelling ‘dit is lekkerder om te gee as om te ontvang’ ‘n nuwe betekenis vir hulle gekry.

“Die groot hoeveelheid geskenke het alle verwagtinge oortref. Dit het my opnuut laat besef hoeveel liefde en omgee ons Ram-leerders en -ouers vir ons gemeenskap het,” het Sonet vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button