NewsSchools

Beroepsdag met al wat ‘n veiligheidsmag

Rosemarie Kahn Kleuterskool is onlangs deur verskeie eenhede tydens hulle beroepsdag besoek.

Die leerders van Rosemarie Kahn Kleuterskool is tydens hulle beroepsdag op Vrydag, 20 Augustus deur belangrike mans en vroue verras.

Die kleuterskoolhoof, Annézel Meiring, het vertel dat hierdie mense hul kosbare tyd afgestaan het om die leerders se horisonne te verbreed.

Les Maranda, ‘n forensiese ingenieursontleder. Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat hul leerders die voorreg gehad het om ‘n polisiehelikopter te sien land, ‘n brandweerwa se brandslang vas te hou, en ook vir Duke, ‘n polisiehond van die Wes-Randse Honde-eenheid te ontmoet.

Die leerders kon ook loer hoe die binnekant van ‘n ambulans lyk, en hulle het geleer hoekom veiligheidswagte so belangrik is.

Sersant Jaco Putter van die Watervleuel. Foto: Michelle Roodt.

“Daar was demonstrasies deur duikers van die soek -en -reddingseenheid, en ‘n opvoedkundige en prettige aktiwiteit deur die Verkeersafdeling.”

Die leerders van Rosemarie Kahn Kleuterskool het ‘n beroepsdag gehad. Foto: Michelle Roodt.

Sy het namens die skool baie dankie gesê aan elke persoon wat uit hul pad gegaan het om die dag vir die leerders so wonderlik te maak, waaronder die SAPD Provinsiaal; SAPD Randfontein; SAPD Lugvleuel Germiston en Wonderboom; SAPD Honde-eenheid; SAPD Watervleuel Johannesburg; SAPD Bomverwyderingseenheid; Soek en Redding; Netcare 911; GPG Ambulansdiens; Voorkoming van sosiale misdaad en gesinsgeweld aan die Wes-Rand; Eenheid vir Seksuele Misdrywe (FCS); Randfontein Brandweer; Randfontein Verkeersafdeling; Gauteng Verkeersafdeling; Intellidrive; EPR Sekuriteit; Nightwatch Sekuriteit; ADT Sekuriteit; en Fostertech Sekuriteit.

Annezel, Marius en Anrich Meiring. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button