NewsSchools

Ram-personeel vier heerlike lente … as dokters, Shrek en lugwaardinne

'Ons wens vir almal ‘n vrolike lente toe' – lugwaardinne, polisie en veeartse van Ram.

Die seisoenwisseling is met groot vreugde en blydskap deur Laerskool Randfontein ontvang.

Om die lente op Woensdag, 1 September te verwelkom het personeel ‘n beroep gekies wat hulle (kastig) eendag wil volg en daarvolgens aangetrek terwyl leerders soos blomme gelyk het.

Lizelle Coetzee, Rozaan Coetzee die veearts en Tess van der Walt. Foto: Michelle Roodt.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het gesê dat die dag deur onderwysers Melani Bosman en Adelle Grobbelaar gereël is. Leerders kon ook helderkleurige oliebolle koop en die dag voluit geniet.

“Na al die Covid-19 inperkings en ongelukkigheid van die laaste paar maande het almal by die skool dit so nodig gehad om te lag. Die personeel het gesorg vir baie grappies en het so snaaks as moontlik aangetrek.”

Chanel Blake, Christel Jager en Simone de Wit. Foto: Michelle Roodt.

Sy het gesê dat daar ‘n veearts was met haar twee hondepasiënte, Prinses Fiona en Sir Shrek. Die Mafia het die skoonheidskoningin en die gholfspelers geteiken, terwyl die polisievrou op die Mafia se spoor was.

Annie Nolan, Chanel Rautenbach, Riekie Gerber en Tanya Pelcher. Foto: Michelle Roodt.

“Dit was ‘n baie lekker dag. Al die Rammies is baie opgewonde oor die nuwe seisoen en ons wens vir almal ‘n vrolike lente toe.”

Related Articles

Back to top button