NewsSchools

Rosemarie Kahn-kleuters hou hul eie Olimpiese Spele

Die kleuters het aan verskeie opwindende items deelgeneem in hul eie mini Olimpiese Spele.

Kleuters van Rosemarie Kahn Kleuterskool het op Vrydag, 3 September aan hul eie mini Olimpiese Spele deelgeneem.

Carson Botma met sy sertifikaat. Foto ingestuur.

“By Rosemarie Kahn glo ons kennis is mag, daarom hou ons daarvan om aktuele en relevante onderwerpe deel van ons kurrikulum te maak,” het kleuterskoolhoof Annézel Meiring gesê.

Karlo Lottering op die balanseerbalk. Foto ingestuur.

Sy het bygevoeg dat hulle die kleuters op ‘n prettige wyse oor die Olimpiese Spele wou leer.

Karlo Lottering met sy sertifikaat. Foto ingestuur.

“Daar was eers ‘n optog om die gronde met die skool se vlag en die kleuters se selfgemaakte vaandels, en daarna het hulle met baie entoesiasme weggespring om deel te neem aan verskeie items soos hekkies, verspring, hoogspring, langafstande en gewigstoot.

Boikanyo Botshe gee alles in die verspringitem. Foto ingestuur.

“Daar was ook ‘n hindernisbaan, en die kleuters kon ook sokker speel, doele gooi, balanseer op ‘n balk, en sagte balveerpyltjies gooi. Dit was inderdaad ‘n leersame en prettige ervaring vir groot en klein.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button