Die kleuters van Rosemarie Kahn Kleuterskool het onlangs wit jasse aangetrek en Einstein-brille opgesit vir hul Wetenskapdag.
Die skool het die praktiese wetenskaplesing op Vrydag, 17 September vir hul kleuters gehou.

“Albert Einstein het glo die volgende gesê: Everybody is a genius, but if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid,” het kleuterskoolhoof Annézel Meiring vertel.
“Ons het vir die kleuters eksperimente uitgevoer en ook vir hulle die teorie agter die eksperiment verduidelik.”

Sy het vertel dat almal soos professore aangetrek was en dat al die kleuters op ‘n praktiese wyse meer geleer het van wetenskap.







