NewsSchools

Riebeeckrand spog met uitstekende kultuuraand

Daar was optredes deur elke graad se dramagroepe, Riebeeckrand se spreekkoor, asook die skool se HRD-Crew-dansgroep.

Dit was ‘n wonderlike aand van kultuur en drama toe Hoërskool Riebeeckrand hul jaarlikse kultuuraand op Donderdag, 14 Oktober gehou het.

Marli Theunissen. Foto: Michelle Roodt.

Daar was optredes deur elke graad se dramagroepe, Riebeeckrand se spreekkoor, asook die skool se HRD-Crew-dansgroep.

Amy-leigh Ferreira en Danika Greeff. Foto: Michelle Roodt.

Elke graad het wonderlike dramastukke opgevoer en die applous van die gehoor na elke optrede was iets om te beleef.

Die emosie waarmee elke stuk aangebied is, was ook iets besonders.

Dit was beslis ‘n aand wat nie sommer vergeet sal word nie.

Agter: Hailey Robinson en Caitlin Kitchen.
Middel: Charalene Olivier, Cheri van Niekerk en Junior Khumalo.
Voor: Gizelle van Rooyen. Foto: Michelle Roodt.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button