NewsSchools

Kleuters en hul grootouers hou atletiek by Ramkriekies

Die kleuters het hindernisbane voltooi asook gehardloop tydens die pretdag.

Die kleuters van Ramkriekies Kleuterskool het baie pret gehad tydens hul Lenteloop wat op Saterdag, 30 Oktober plaasgevind het.

Hulle het hindernisbane voltooi asook gehardloop tydens die pretdag.

Noah Davis.

Annalie Grobbelaar, ‘n onderwyser by die kleuterskool het vertel dat die deelnemers gewissel het van eenjariges tot oupas en oumas.

Dit was ‘n dag van lekker pret en plesier, en die maats het behoorlik om die bane gehardloop. Daar was ook motorfietsryers wat dit vir ons nog ekstra spesiaal kom maak het,” het sy vertel.

Annalie bedank ook vir EPR vir die lekker musiek wat hulle verskaf het, asook die lede van die Tenaz-motorfietsklub.

Juanique Ras.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button