Daar was groot opgewondenheid by Laerskool Randfontein toe die skool se nuwe groep leiers asook hoofleiers bekendgemaak is.
Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat hulle na ‘n deursigtige proses, wat aansoeke, bekendstellingstoesprake (toesprake is vanjaar op video’s opgeneem en aan die leerders vertoon) en persoonlike onderhoude ingesluit het, 40 leiers gekies het waaruit die hoofleiers verkies is.
Tydens ‘n pragseremonie by die skool is die leiers ingehuldig en almal het ‘n eed afgelê en onderteken saam met hulle ouers.
“Die hoofleiers is na groot afwagting aangekondig en met ‘n seremoniële kersaansteek ingehuldig.”
Sy het vertel dat die personeel groot verwagtinge het en baie uitsien om saam met die leiers te werk.
Die hoofleiers is soos volg:
• Hoofdogter – Nadine Scheepers
• Hoofseun – Heinrich Obermeyer
• Onderhoofdogters – Liezl Flemming en Liani Bothma
• Onderhoofseuns – Hennie Schutte en Wynand Bezuidenhout



