Dit was ‘n jolige affêre tydens Laerskool Randfontein se pretdag op Dinsdag, 30 November.

Volgens organiseerder Melani Bosman het die pretdag as afsluiting vir die 2021-skooljaar gedien.
“Dit het verskeie aktiwiteite ingesluit onder andere hul heel eerste colour run, en daar was minstens 20 waterglybane, ‘n skuimput, vlugbal en meer. Leerders het hulself geniet en die jaar op ‘n hoë noot afgesluit.”
Melani het verduidelik dat die leerders ook in graadverband om die veld beweeg en mekaar met verfpoeier gegooi het.

“Nadat elke graad ‘n beurt gekry het, het almal in die middel van die veld bymekaargekom en mekaar toegetakel met al die verf wat oorgebly het. Dit was nou vet pret!”
Melani het bygevoeg dat die dag in Maart vanjaar sou plaasvind maar is weens Covid-19 uitgestel.

“Dit het vir my, asook ander onderwysers, vreugde gebring om die leerders so te sien baljaar. Ons hoop elke Rammie het die dag geniet en dat hulle dit vir altyd sal onthou.”



