NewsSchools

Rappies kweek liefdadigheid uit die grond uit

Laerskool Rapportryer se liefdadigheids-tuin help om leerders vir sukses te kweek.

Laerskool Rapportryer se unieke groentetuin lewer reeds ’n verskeidenheid groente en vrugte, gereed om dié in nood te help voed.

• Lees ook: Rappies-groentetuin volstoom aan die gang

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel is die tuin begin met die doel om die skool se voedingskema te ondersteun.

Sy sê hulle beplan om minderbevoorregte leerders van gesonde kosopsies te voorsien.

Die groentetuin is volstoom aan die gang.
Drikus Lourens en Ira Swanepoel.

“Die groentetuin is nou in volle swang met sappige aarbeie, gesonde bone, geurige uie, spinasie, brokkoli en beet wat wortel skiet. Hierdie jaar het die graad drie-leerders gebruik gemaak van die tuin om te leer hoe om te plant. Nie net het hulle hul groenduime getoets nie, maar ook geleer hoe om die plante te versorg,” het Celeste gesê.

Sy het bygevoeg dat die tuin nou in sy volle glorie blom.

By Rappies kweek ons nie net groente nie – ons kweek wenners vir vandag en môre, gewapen met die vaardighede wat hulle vir lewensukses nodig het,” het sy afgesluit.

Ava Meerkotter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button