KidsLocal newsPrimary SchoolSchoolsSport

RAM se graad 1’s hou opwindende atletiekdag

Van spiesgooi, sakspring en natuurlik gewigstoot met ‘n klein pampoentjie. Die graad 1's van 2023 by RAM het gewys wat in hul steek tydens 'n opwindende atletiekdag.

Laerskool Randfontein se nuwe groep graad 1’s het op Maandag, 16 Januarie hul eie atletiekbyeenkoms aangebied.

“Hulle [Graad 1-leerders] het uitgehaal en gewys,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

La Rayn Baker tydens die spiesgooi. Foto: Annie Nolan.
Chante van der Walt tydens die sakspring. Foto: Annie Nolan.

Also read: Grade 1 class of 2023 ready to learn at Westgold

“Daar het groot opgewondenheid geheers want daar is nie net gehardloop nie maar ook aan verskeie velditems deelgeneem.”

Annie het vertel dat daar spiesgooi, sakspring en natuurlik gewigstoot met ‘n klein pampoentjie was en die leerlinge het in klasverband van punt A na punt B beweeg waar elke graad 1 ‘n beurt gekry het om hul staal te wys.

Ebrahim Ahmed tydens die gewigstoot. Foto: Annie Nolan.
Mia Kisten tydens die gewigstoot. Foto: Annie Nolan.

Also read: REM a hive of activity as school welcomes 2023 Grade 1’s

“Daar is ook aan die 60- en 80-meter kortafstande deelgeneem waar elke seun en dogter graag wou wys hy/ sy is die vinnigste.”

Avin Cunningham tydens die sakspring. Foto: Annie Nolan.
Bernard Rademeyer. Foto: Annie Nolan.
Zelmirie Bezuidenhout. Foto: Annie Nolan.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button