EntertainmentLocal news

Hennie en Die Kitaarkêrels kuier in Randfontein

'n Platinum-bekroonde orkes het hul talente ten toon gestel by 'n plaaslike kroeg en danskraal.

Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels het op 20 April die gewilde kroeg en danskraal, Balke Toe, besoek om die dorp te vermaak met hulle kitaarspel.

Hennie verduidelik hy het die orkes reeds in 2004 saam met André Henning en Gerhard Meyer begin. Saam het hulle vyf Maroela Musiek goue album (20 000 eenhede verkoop) toekennings en twee platinum album (40 000 eenhede verkoop) toekennings binne twee jaar ingepalm. Tans het hulle reeds 26 albums en drie DVD’s uit.

Ses jaar gelede het hy Dawie Beukes en Oubaas Joubert ingespan om saam te speel. Hy noem Oubaas het vryskut saam gepeel in die begin maar is nou permanent deel van die orkes. Hulle fokus is oor die algemeen boeremusiek en country-treffers, alhoewel hulle ook so ietsie van alles speel. Hennie en Oubaas speel albei ritme en is hoofkitaarspelers terwyl Dawie die baskitaar speel.

Hulle musiek is 95% komposisies wat hulle self skryf en 5% is bestaande komposisies wat hulle opvoer.

Hennie het genoem sy inslag in musiek het op die ouderdom van 11 begin.

Jan Brits, ‘n gesoute musikant in sy dae, was een van die musikante wat vir Hennie geïnspireer het.

Ek het myself geleer hoe om kitaar te speel deur boeke te lees en dit na te vors. Ek het iets van alles probeer, verskillende ritmes en style,” het Hennie gesê.

Oubaas het in ‘n musikale familie grootgeword en reeds van jongs af musiek gemaak. Nege jaar terug het hy Hennie ontmoet en by hulle ingeval na ‘n oudisie.

“Ek geniet dit baie. Hierdie mense is staatmakers. Die musiek is ons lewe. Ons is almal pensioentrekkers so hierdie is nou ons werk.”

Dawie het begin met klassieke musiek en toe later uitgebrei na ander instrumente insluitend die kitaar. Sy belangstelling was meestal in Blues Rock-musiek.

Ek het sulke lang hare gehad wat hier by my rug afgehang het,” het Dawie laggend vertel.

Hy het bygevoeg dat hy vir Hennie en die ander Kitaarkêrels tydens oefening in aksie gesien het en net daar wou hy graag deel wees van die orkes.

Al drie spelers se kinders speel ook instrumente.

Oor hulle optrede in Randfontein het Hennie gesê, “Ons is baie opgewonde. Die dorp se mense is pragtige mense, altyd spontaan en vriendelik.”

Related Articles

 
Back to top button