Versorger deel haar ervaringe
Ouetehuis eienaar Chantelle Botha gesels oor hoe dit voel om na bejaardes om te sien.

Die eienaar van Tulbach House III Elderly Care Home, Chantelle Botha, het verduidelik wat dit behels om na bejaardes om te sien.
Chantelle sien al agt jaar na bejaardes om, waarna sy die ervaring opgedoen het om dit te bemeester. Die rede hoekom sy besluit het om die loopbaan te volg, spruit uit haar ma wat haar geïnspireer het om die ouetehuis te stig.
Haar grootste motivering is die liefde wat sy van pasiënte ontvang. Alhoewel sy dit geniet om positiewe terugvoer te ontvang, is daar steeds uitdagings wat sy in die gesig staar.
“Dit is baie erg as die bejaardes seergekry. Dit is moeilik om te sien dat hulle pyn het,” het sy verduidelik.
’n Gewone dag vir Chantelle sluit voeding, bad en besig hou van bejaardes in. Volgens haar het ‘n persoon ‘n versorgersertifikaat nodig om ‘n versorger te word.
“Dit is belangrik om seker te maak jy is voorbereid vir jou ouer jare, want kinders sukkel en sal nie noodwendig vir jou kan sorg wanneer jy ’n bejaarde word nie,” het sy afgesluit.