Local news

Gemeenskap wens bejaarde geluk met 100e verjaarsdag

Na 100 jaar en 'n leeftyd se herinneringe het Sarie van der Merwe van Greenhills baie stories om te vertel.

Sarie van der Merwe het op 28 Januarie haar 100e verjaarsdag gevier.

Sarie het vertel sy is naby Zeerust gebore. Sy is op die ouderdom van 16 uit die skool uit waarna sy Braamfontein toe getrek het. Daar het sy in die teekamer by Johannesburg stasie gewerk. In 1944 het sy haar eerste man ontmoet en is hulle getroud. Saam het hulle vier seuns uit die huwelik.

Sarie van der Merwe saam met haar familie. Foto verskaf.

“Ek is baie dankbaar teenoor die Here dat ek vandag nog hier sit,” het Sarie gesê.

In 2022, het sy Randfontein toe gekom en steeds dolgelukkig.

Sy het vertel iets wat haar vir altyd sal bybly is die Europese toer wat sy saam met haar tweede man meegemaak het. Sy onthou nog goed hoe hulle daardie jaar die nuus gekry het dat Suid-Afrika hul eerste Wêreldbeker gewen het. Hulle het op die Eiffel Toring gestaan en sy onthou die groot jolyt van al die mense.

Een van die prag kunswerke wat Sarie van der Merwe gebrei het.

Tannie Sarie het ook ‘n liefde vir brei en het juis genoem hoe sy gereeld seekatte brei wat dan vir babas (wat te vroeg gebore is) gevat word. Sy het verduidelik die bene van die seekat help hulle vingers met ontwikkeling. Om blokkiesraaisels in te vul en woordsoeke te voltooi is haar ander stokperdjies.

Vir die jonger generasie wou sy graag ‘n boodskap van hoop oordra.

“Die toekoms is in die Here se hande. Bid altyd dat Sy wil geskied.”

Op 26 Januarie is daar vir Sarie ‘n onthaal by AGS Randgate gehou ter viering van haar mylpaal-verjaarsdag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button