Local news

Skryfbehoeftes ingesamel vir Riebeeckrand se behoeftige leerders

As deel van hul omgeeprojek het AGS Groen Weivelde na behoeftige leerders van Hoërskool Riebeeckrand uitgereik en skryfbehoeftes geskenk.

AGS Groen Weivelde het onlangs skryfbehoeftes geskenk aan behoeftige leerders van Hoërskool Riebeeckrand.

Skoolwoordvoerder Diana Nel het vertel die skenkings was deel van die kerk se omgeeprojek.

“Hulle het saam met die skryfbehoeftes ook bederfpakkies oorhandig wat aan behoeftige leerders uitgedeel is. Soos met elke skool is daar altyd leerders wat hulp nodig het en hierdie tipe skenkings maak ‘n groot verskil,” het Diana gesê.

Deur die loop van die jaar het die skool ook ‘n omgeeprojek van hul eie waar daar onder andere blikkieskos, skryfbehoeftes en persoonlike produkte ingesamel word.

“Hierdie tipe van donasies verlig allerdaagse spanning by leerders. Dit gee hulle die geleentheid om op hul akademie te fokus. Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap se omgeeharte. Saam kan ons kinders se lewens verander,” het Diana afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button