Local news
God’s Army kort jou hulp
Die God's Army Worship Centre wil graag hul klerebank meer gebruikersvriendelik maak vir die minderbevoorregtes om na die klere te kyk.
God’s Army Worship Centre benodig hangers om klere vir diegene in nood op te hang.
Volgens stigter Hennie Marais is die sentrum dringend op soek na hangers vir die klerebank.
“Ons verskaf klere vir die minderbevoorregte mense in die gemeenskap. Die klere was gewoonlik in bokse gebêre, maar nou het ons strukture gebou waarop die klere kan hang.
“Dit maak dit makliker vir die mense wat na die klere wil kom kyk,” het hy gesê.
Hy het verder almal bedank wat alreeds donasies gemaak het.
Indien jy ‘n skenking wil maak, skakel die sentrum op 079 050 5175.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



