Local news

VLU hou hul 30ste konferensie

Die lede van die Vrouelandbou-unie Ridderspore het hul handewerk ten toon gestel en ook hul vaandel tydens hul onlangse konferensie bekend gestel.

Die vroue van die Vrouelandbou-unie (VLU) Ridderspore het bymekaargekom om hul talente ten toon te stel en ook hul 30ste konferensie gehou.

• Lees ook: VLU help minderjarige slagoffers van misdaad

Op 8 Maart is verskeie artikels wat deur lede van die VLU gemaak is, uitgestal.

Leonie Calitz, skakelbeampte, het verduidelik dat die artikels onder meer draadwerk, borduurwerk, hekel en brei, koekbak, masjienwerk en ook kuns en fotografie insluit. Hulle het ook hul vaandel op die dag bekendgestel.

Die Witwatersrand-tak bestaan uit agt verskillende takke waarvan die Ridderspore-tak deel is. Die Witwatersrand-tak is in September 1925 gestig en vier ook vanjaar sy 100ste bestaansjaar.

Greta van der Nest by die artikel wat sy gemaak het.
Die artikels wat die dag ten toon gestel is.
Die koeke wat ten toon gestel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button