VLU hou ‘n flinkdinkaand vir ‘n goeie doel
Die Vrouelandbou-unie (VLU) Westonaria bied binnekort 'n flinkdinkaand aan as deel van hul omgeeprojek vir bejaardes.
Die Vrouelandbou-unie (VLU) in Westonaria hou binnekort ‘n prettige fondsinsameling vir bejaardes in die gemeenskap.
• Lees ook: Kreatiwiteit vloei by W’aria VLU
VLU-voorsitter Carol Boonzaier het gesê hulle gaan op 14 Maart ’n vinnige flinkdinkaand hou met musiek en sang met Afrikaans as tema. Die geleentheid vind om 18:00 by Hoërskool Westonaria plaas.
Die doel is om die fondse te gebruik om geskenkpakkies aan 130 bejaardes in die gemeenskap uit te deel. Carol het bygevoeg dat hulle in die toekoms ook meer fondsinsamelings vir dieselfde doel gaan hou.
Sy het verder gesê dat enige iemand aan die vinnige flinkdinkaand kan kom deelneem en hulle hoop om veral kinders te betrek. Sy het hul hoop uitgespreek dat kinders na Afrikaans sal verlang en trots sal wees op hul agtergrond.
Marlie Coetzee, Altus Venables en Cassie van der Merwe sal die aanbieders wees.
Dit is interessant om van Afrikaans te leer en ook te sien hoe mense van verskillende kulture se dialekte verskil,” het Carol afgesluit.



