Gelowige vroue bid en sing
Die vroue van Vriendskap Tuiste het onlangs vir Wêreldbiddag bymekaargekom en onder meer vir skole en jongmense, kerke, pastore, bejaardes, gestremdes, die land se probleme en misdaad gebid.
Die vroue van Vriendskap Tuiste het onlangs die Wêreldbiddag vir Vroue gevier waar hulle vir verskeie mense en instansies gebid het.
• Lees ook: Vriendskaptuiste se vroue bid
Christa Breytenbach, een van die organiseerders, het verduidelik, “Wêreldbiddag beteken baie vir ons aangesien 176 lande aan hierdie spesiale dag deelneem. Vroue van geloof kom bymekaar en dra verskeie sake aan die Here op. Dit is ‘n jaarlikse geleentheid by Vriendskap Tuiste se bestuurskomitee.”
Sy het bygevoeg dat dit die 75ste jaar is wat hulle hierdie biddag vier en dat Amanda de Beer die spreker vir die dag was en Tania Strauss die kunstenaar.
Ons het gebid vir skole en jongmense, kerke, pastore, bejaardes, gestremdes, die land se probleme, misdaad, Vriendskap Tuiste, ander instansies asook vroue regoor die land en in die buiteland.
“Daar was ‘n wonderlike opkoms van vroue en dit was ‘n baie geseënde oggend vol liefde. Elke persoon wat die verrigtinge bygewoon het, is ook getrakteer op heerlike varsgebakte oliebolle,” het Christa bygevoeg.



