Kos en vermaak van formaat by AGS Middelvlei basaar
Talle gemeentelede en inwoners het hul ondersteuning gewys tydens AGS Middelvlei se jaarlikse basaar. Meer as R9 000 is ook ingesamel vir die kerk.
AGS Middelvlei het op 5 April hul jaarlikse basaar gehou wat vir groot pret en vermaak gesorg het.
• Lees ook: Finsbury, omliggende gebiede meer as 16 dae sonder krag; AGS Middelvlei gryp in
Een van die gemeentelede, Monica Kotzé, het verduidelik dat die doel van die basaar was om fondse vir die kerk in te samel en natuurlik ook om samehorigheid onder die gemeenskap te bou.
Daar was verskeie stalletjies om van te kies, insluitend stalletjies vir pannekoek, kerrie-en-rys, boereworsrolle, ‘n soettandtafel asook speletjies.
“Thinus Nel, ook ‘n gemeentelid, het die vermaak met sy stem gesorg,” het Monica gesê.



Monica sê R9 145 is ingesamel.
“Al die kos het Saterdag uitverkoop. Sondag was daar nog soetgoed oor, maar dit is steeds verkoop, wat ons toegelaat het om ‘n bykomende R1 000 in te samel.”





