Hoe om Paasfees saam jou troeteldier te vier
No More Tears gesels oor Paasfees en hoe eienaars dit ook lekker kan maak vir hul troeteldiere.
Ter viering van hul onlangse Paasfees-fondsinsameling het No More Tears met die Randfontein Herald gesels oor wat Paasfees ook vir die diere kan beteken.
“Almal geniet Paasfees omdat dit gewoonlik gepaard gaan met sjokolade. Alhoewel sjokolade ‘n lekker bederf kan wees vir mense, weet ons dit is nie goed vir troeteldiere om in te neem nie. As daar sjokolade van enige soort in jou kind se Paasfeesmandjie is, kan jou troeteldiere dit perongeluk inneem.
Wees ekstra versigtig oor waar jy jou lekkernye los,” het vrywilliger Clarisse Kruger vertel.
Sy het bygevoeg Paasfees hoef nie net pret te wees vir mense nie, maar kan ook vir troeteldiere wees.
“Sluit jou viervoetige vriende in by jou Paasfees-tradisies. As jy gereeld Paasfeesmandjies vir jou kinders maak, verras jou hond of kat ook met een. Sluit gesonde lekkernye en ‘n nuwe speelding in. In plaas van ‘n mandjie, oorweeg dit om hierdie geskenke in ‘n nuwe honde- of katbed te plaas waarin hulle later kan ontspan,” het sy aangeraai.
No More Tears vier hierdie jaar Paasfees deur verwante items te verkoop om fondse in te samel vir die diere in hul sorg. Vir meer inligting, kontak hul by 084 433 7748.



