Schools

RAM-leerders leer van die brandweer

Laerskool Randfontein se leerders kry 'n besoek van die brandweer om te leer oor die gevare van brande.

Laerskool Randfontein se graad een-leerders asook hul RAMkriekie kleuterskoolmaats het ‘n besoek van die brandweer ontvang.

Mckayla Beylefeld toets die waterpyp. Foto ingestuur.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het gesê die leerders het op 8 November geleer hoe ’n brand kan vlamvat en wat in verskeie brandsituasies gedoen moet word. Die leerders kon ook die brandweerwa van nader bekyk en selfs die waterpyp uittoets.

Mxolisi Ndema saam met sy seun Lulu. Foto ingestuur.

“Toe daardie maats die brandweerwa se sirene om die draai hoor kom, was daar groot geraas en opgewondenheid! Die leerders kon nie glo hoe groot ‘n brandweerwa werklik is nie. ‘n Dag wat hulle vir altyd sal onthou,” het Annie gesê.

Die leerders bekyk die brandweerwa van naby. Foto ingestuur.

“Dankie aan Mxolisi Ndema, die pelotonbevelvoerder van City of Johannesburg Nooddienste, asook die stasiebeampte van Randfontein, Marius Laubscher en sy span wat gereël het vir hierdie opwindende besoek aan die skool.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button