Net glimlagte en opgewondenheid tydens eerste dag by RAM
Beide die graad een en vier leerders se eerste dag en terugkeer by RAM onderskeidelik was 'n sukses.

Graad een en vier leerders van Laerskool Randfontein het op 14 Januarie by die skool bymekaargekom vir ‘n dag van oriëntering.

Die graad een leerders, geklee in hul splinter nuwe uniforms, het saam met hul ouers reggestaan om hul onderwysers te ontmoet. Die opgewondenheid vir hulle akademiese pad wat voorlê was duidelik te siene.

Die graad vier-leerders moes ook oriëntering ondergaan voordat hulle na die senior fase van hul laerskoolloopbaan beweeg. Grace Labuscagne, die graadhoof, het verduidelik wat die doel van dié oriëntering is.

“Omdat die leerders nou vir die eerste keer klasse gaan wissel, is hulle gewys hoe om te wissel, waar hulle klasse is en ook wie hul onderwysers gaan wees. Dit help om die leerders se gemoedere te kalmeer sodat hulle nie so oorweldig voel op hul eerste dag nie,” het Grace gesê.
Sien meer fotos onder: