Schools

Karakterdag by RAM

Van prinsesse en helde tot vlieëniers. Leerders van RAM-Kriekies het as hul gunstelingkarakters aangetrek om Storiekarakterdag te vier.

RAM-Kriekies se leerders het die Storiekarakterdag gebruik as ‘n geleentheid om as hul gunstelingkarakters aan te trek.

• Lees ook: RAM verwelkom talle nuwe personeel

Volgens juffrou Annalie Grobbelaar het al die leerders hul kreatiwiteit gebruik om verskeie kleurvolle karakters vas te vang. Hierdie dag het nie net gewys van watter karakters die leerders hou nie, maar hulle ook aangemoedig om hul lees- en taalvaardighede te ontwikkel.

Diego Craucamp veg gevegte soos Dawid.
Jené Segeel is ook so knorrig soos Wednesday Adams.
Zique Schoombie en Lohan Bronkhorst as Thing 1 en Thing 2.

Mieke van Deventer het gesê sy het besluit om as ‘n ballerina aan te trek omdat sy baie daarvan hou. Sy het bygevoeg dat dit haar gunstelingkarakter is.

Ek het soos Dawid in die Bybel aangetrek omdat ek daarvan hou om met die swaard te speel,” het Diego Craucamp uitgespreek.

Callum Caldeira het genoem dat hy soos ‘n leeu van die Lion King aangetrek het omdat hy dink leeus is baie mooi.

Wilmené Durand het gesê sy het soos Elsa aangetrek omdat Frozen my gunsteling fliek is en ‘sy is baie mooi’.

Olivéa Steenkamp as Sneeuwitjie.
Kgeti Morake, Luhandré Jacobs, Tashunique Wagner en Zach Shakleton.
Mieke van Deventer is ‘n ballerina.
Katelyn van Wyk is ‘n feetjie.
Esmé de Jager is prinses Moana vir die dag.
Liam Else beheer die vliegtuig as kaptein.
Jayden Latsky as ‘n wurm.
Callum Caldeira brul soos ‘n leeu.
Wilmené Durand as Elsa van die fliek Frozen.
Lesego Ngqabayi is ‘n prinses vir die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button