RAMkriekies se Paasprojek ‘n groot sukses
Elke kleuter het 'n verrassingspakkie ontvang en hul eie Paashaas ingekleur.
RAMkriekies het op 16 April hul Paasprojek gehou.
• Lees ook: Hoe vier RAM-leerders Paasfees?
Woordvoerder Annalie Grobbelaar het vertel elke leerder het leë blikkies ingesamel waarmee die Paashaas dan vir elkeen ‘n verrassingspakkie opgemaak het vir Paasnaweek. Elke kleuter, van drie maande tot graad R, het hul verrassingspakkie ontvang.


Die maatjies was so opgewonde en bly vir hul verrassings en dit was weereens ‘n groot sukses met ons onderwysers en ouers wat almal saam gewerk het,” het Annalie gesê.
Sy het bygevoeg elke leerder het hul eie Paashasie ingekleur of geverf. Elkeen het ook vir die dag Paashoedjies en -ore opgesit.
“Die Paashaas het ons ook kom besoek met groot opgewondenheid onder ons kleuters,” het Annalie afgesluit.






