Lees, lees en lees is lekker vir Rappie-leerders
Rappies se grondslagfase-leerders versterk hul leesvaardighede tydens 'n prettige leesmaraton om Wêreldboekedag te vier.
Laerskool Rapportryer se grondslagfase het onlangs ’n leesmaraton gehou om Wêreldboekedag te vier.
• Lees ook: Rappies vier Wêreldmoedertaaldag
Op 23 April het die leerders ‘n opwindende geleentheid gekry om vyf uur lank ‘n boek te lees. Onder leiding van juffrou Sonja Brits, wat aan die stuur van sake was, het die leerders met groot entoesiasme aan die geleentheid deelgeneem.
Dit is volgens skoolwoordvoerder, Celeste Wentzel, wat bygevoeg het dat dit ‘n prettige dag was waar die liefde vir lees by die leerders gekweek is.

“Die leesmaraton het nie net die belangrikheid van boeke beklemtoon nie, maar het ook die leesvaardighede van die jong leerders versterk.
Die skool se unieke benadering het die leerders se belangstelling in lees aangewakker en ‘n positiewe leeskultuur by Rappies geskep!” het Celeste afgesluit.




