Schools

Rappies verwelkom Christelike jeuggroep

Laerskool Rapportryer het onlangs die X3DE-span verwelkom om hul leerders 'n spesiale, Christelike geleentheid aan te bied.

Die spesiale X3DE Week wat by Laerskool Rapportryer plaasgevind het, het leerders op ‘n godsdienstige manier opgehef en hul gees gevoed.

• Lees ook: Dit gaan oor Jesus – Rappies-leerder

“Laerskool Rapportryer het hierdie week die voorreg gehad om die dinamiese span van X3DE [‘n jeuggroep wat jong leerders van God leer] by die skool te verwelkom.

Hierdie besoek was nie net insiggewend nie, maar het ’n diepgaande impak op leerders se geestelike en emosionele ontwikkeling gehad,” het skoolwoordvoerd Celeste Wentzel gesê.

Die week se lesse het bestaan uit ‘n reeks inspirerende kursusse onder leiding van juffrou Gemma Botha.

Die week het afgeskop met die tema ‘Skeppingsdoel’, ‘n kragtige boodskap dat elke kind met ‘n unieke doel geskep is. Celeste het vertel leerders het geleer hul identiteit is in ‘n verhouding met God gewortel.

Die daaropvolgende dag se les het gefokus op ‘Geregtigheid’, waar leerders geleer het oor Jesus se opoffering aan die kruis en die bevryding wat dit bring. Die leerders is bemoedig om vrylik voor die Here te staan as gevolg van Jesus se geregtigheid.

Woensdag het die groep die sensitiewe onderwerp van ‘Emosionele Bagasie’ aangespreek. Die krag van vergifnis is met die leerders bespreek waar hul geleer het om nie net ander te vergewe nie, maar ook hulself.

Die week is afgesluit met die tema ‘God se stem’, waar leerders aangemoedig is om sensitief te wees vir God se sagte fluistering in hul daaglikse lewe.

“Hulle het geleer dat God se leiding dikwels in die stiltes kom en dat Sy stem wysheid en vrede bring,” het Celeste beskryf.

“Die skoolgemeenskap is opreg dankbaar vir die X3DE-span se betrokkenheid en sien met opgewondenheid uit na toekomstige besoeke. Dit was ‘n week van groei, insig en geloof – ‘n ware seën vir almal betrokke,” het Celeste afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button