Schools

Zoem, Zoem! Rappies vier Byedag

Byedag word prettig by Laerskool Rapportryer gevier waar leerders die belangrike rol van bye in die ekosisteem uit te druk.

Graad drie-leerders by Laerskool Rapportryer het Byedag gevier deur unieke insekboeke te ontwerp en saam te stel om die belangrike rol van bye in die ekosisteem uit te lig.

• Lees ook: Rappies verwelkom Christelike jeuggroep

Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, het die leerders hul waardering vir bye op ‘n kreatiewe manier getoon.

“Die boeke was gevul met kleurvolle illustrasies, interessante feite en selfgeskrewe verse oor bye, skoenlappers, kewers en ander kruipende diere. Ons het baie geleer oor hoe bye help met bestuiwing en hoekom dit belangrik is om hulle te beskerm,” het een van die leerders uitgespreek.

Lihan Ernsting.

“Die onderwysers was trots op die leerders se harde werk en nuuskierigheid. Dit is wonderlik om te sien hoe kinders op hierdie manier leer om die natuur te waardeer,” het Celeste gesê.

Bydag was nie net opvoedkundig nie maar ook ’n wonderlike kreatiewe geleentheid vir die jong leerders om hul liefde vir die natuur uit te druk,” het sy afgesluit.

Divan Horn wys die lewensiklus van ‘n by.
Zhaden Pretorius met sy bye plakkaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button