Schools

Groot drama-sterre in wording by Riebeeckrand

Drie leerders van Hoërskool Riebeeckrand het in die top 60, top 30 en top 8 afsonderlik geëindig tydens 'n nasionale drama kompetisie van byna 600 leerders.

Drie leerders van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs aan die Proscenium Drama Kompetisie deelgeneem en die gemeenskap trots gemaak.

• Lees ook: Riebeeckrand se 1e hokkiedogters sink vir Crawford

Skoolwoordvoerder Diana Nel het vertel Armand Martins, Mahlatse Molubi en Boipelo Palagangwe het aan hierdie nasionale kompetisie deelgeneem wat in Kaapstad plaasgevind het.

Sy sê byna 600 leerders het aan die kompetisie deelgeneem.

Ons drie Riebeeckranders het uitgestaan. Boipelo het in die top 60 beland terwyl Armand die top 30 gehaal het. Mahlatse het beslis ons asems weggeslaan deur onder die top 8 te eindig,” het Diana gesê.

Mahlatse is intussen ook gekies vir ‘n rol in ‘n produksie tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

Mahlatse Molubi. Foto ingestuur.
Armand Martins. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button