Die leerders van Laerskool Randfontein het met opgewondenheid gepraat oor Jeugdag.
• Lees ook: RAM-leerders: ‘Almal is gelyk, almal moet dieselfde behandel word’
Kiané Snyman het gesê dit is ‘n belangrike vakansiedag en sy hou van hierdie dag want dit is deel van Suid-Afrika se geskiedenis.
Michael Canty het vertel, “Ek hou van Jeugdag want dit is vakansie en dit is ‘n manier om al die jeug wat oorlede is op daardie dag te vier.”

Megan Reid het met ‘n glimlag uitgedruk, “Dit is ‘n baie lekker dag want ons hoef nie huiswerk te doen nie en ons kan skool gaan saam met al die maatjies.”

Isabella van Rhooyen het genoem hoe bly sy is dat sy nie hoef huiswerk te doen nie en kan by die huis bly.

Damian McCarthy het gesê, “Ek gaan nie skool toe kom nie. Ek gaan met my maatjies speel.”




