Schools

Jong stemme deel wat Jeugdag vir hulle beteken

Laerskool Rapportryer se leerders verduidelik wat Jeugdag vir hulle beteken en hoe hulle die dag gedenk.

Die leerders van Laerskool Rapportryer het hul sienings gedeel oor Jeugdag en waarom dit ’n belangrike dag is om te herdenk.

• Lees ook: Rappie-jeug praat oor die belangrikheid van Jeugdag

Haley Fouché het gesê dat Jeugdag ons herinner aan jong mense wat hul stemme gebruik het om vir hul toekoms te veg.

Haley Fouché.

Adriaan Steenekamp het bygevoeg, “Jeugdag is die herdenking van apartheid wat verby is, en ’n viering van die mense wat in Soweto geveg en gesterf het.”

Adriaan Steenekamp.

Ruan Grobler het verduidelik, “Op Jeugdag gedenk ons die jeug van 1976 se stryd teen apartheid en hul rol in verandering.

Om die dag te vier, kyk ons dokumentêre films en gesels oor wat dit beteken. Ons bring ook tyd saam as ’n familie.”

Neleen Madi het genoem dat 16 Junie ons laat dink aan 1976, toe dapper skoliere in Soweto opgestaan het teen onregverdige wette en swak onderwys.

Baie jong mense het hul lewens gegee vir ’n beter toekoms vir ons almal.

“Dit herinner ons daaraan dat jong mense ’n groot verskil kan maak en regverdig behandel moet word.”

Neleen Madi.

Karien Lubbe het gesê, “In 1976 in Soweto het jong leerders opgestaan teen onregverdige wette om te wys dat almal regverdig behandel moet word. Jeugdag herinner ons daaraan dat die wette vandag meer regverdig is as vroeër. In my opinie wys dit ook dat elke jong persoon ’n leier van die toekoms is en ’n groot verskil kan maak. Ons vier dit met ’n braai saam met familie en vriende.”

Karien Lubbe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button