Schools

Eloff vermaak Rappie-leerders

Bekende Afrikaanse sanger Eloff het onlangs Laerskool Rapportryer se leerders bederf met 'n onvergeetlike optrede.

Om leerders te bederf vir hul moeite tydens ‘n fondsinsamelingsprojek, het Laerskool Rapportryer die bekende Afrikaanse kunstenaar, Eloff, genooi vir ‘n dag vol vermaak.

• Lees ook: Leerder stap ekstra myl vir Rappies-maats in nood

“Wat begin het as een van die koudste dae van die kwartaal het vinnig verander in een van die warmste herinneringe vir Laerskool Rapportryer se leerders en personeel,” het skoolwoordvoerder Celeste Wentzel gesê.

Die skool het onlangs ‘n groot fondsinsamelingsprojek aangepak maar moes vinnig planne aanpas toe die koue weer onverwags toegeslaan het.

Groot Eloff-aanhangers Carli Minnie en Zineldi van Zyl.

“Ons het reeds alles beplan en gereël maar toe die koue kom, moes ons vinnig kreatief dink – en wat ‘n seën was dit nie!” het Celeste vertel.

In plaas van ‘n buitelugbyeenkoms, is die feesvieringe binnenshuis geneem waarna bekende sanger Eloff sy verskyning gemaak het.

Die atmosfeer was ongelooflik. Kinders het gesing en saamgeklap,” het onderhoof Chris Ras beskryf.

Celeste het verder genoem Eloff het nie net opgetree nie, maar ook met leerders gesels en foto’s geneem.

“Sy teenwoordigheid het nie net harte warm gemaak nie, maar ook die skool se fondsinsamelingsdoelwitte gevier! Dit was ‘n hoogtepunt vir ons hele skoolgemeenskap. Ons het gewys dat koue weer ons nie kan keer nie,” het Celeste afgesluit.

Onderhoof Chris Ras saam met Eloff.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button