Schools

Rammies-atlete trotseer koue op uitdagende landloopbaan

Laerskool Randfontein se landloopatlete het die koue wintertoestande trotseer en sterk vertonings tydens ’n uitdagende ligabyeenkoms in Westonaria gelewer.

Laerskool Randfontein se landloopatlete het op 1 Augustus sterk vertonings gelewer tydens ’n ligabyeenkoms wat deur Laerskool Gerrit Maritz in Westonaria aangebied is.

Die byeenkoms vorm deel van die plaaslike landloopseisoen, waartydens laerskole van regoor die Rand-Wes aan ’n reeks ligabyeenkomste deelneem. Hierdie byeenkomste dien ook as kwalifiserende geleenthede vir atlete wat later in die seisoen na hoër vlakke van kompetisie kan deurdring.

Zelyna Putter neem deel in die dogters o13-afdeling. Foto: Verskaf

Ondanks die koue wintertoestande het die Rammies deursettingsvermoë en goeie sportmanskap op ’n uitdagende baan getoon. Atlete uit verskeie ouderdomsgroepe het hul skool met trots verteenwoordig.

Rossouw Fourie en Brandon Reid maak gereed om deel te neem. Foto: Verskaf

Die kompetisie was straf, met skole van regoor die distrik wat hul beste talent ingespan het. Tog het Laerskool Randfontein se atlete hul man gestaan en verskeie hardlopers het uitstekende vertonings gelewer en goeie plasings in hul onderskeie wedlope behaal.

Rammies-atlete is gereed en wag vir hul beurt. Foto verskaf

Met die landloopseisoen wat voortduur, sal die Rammies nou hul fokus verskuif na die volgende ligabyeenkomste in die hoop om vir die distrikskompetisie te kwalifiseer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button