Opinion

Randfontein se hoofstraat is iets uit ‘n ander wêreld

Jy, ANC, het ‘n pragdorp wat jare geneem het om te ontwikkel, 20-jaar gelede bloot gevat.

• Hans Visser van Randfontein skryf:

Al vir jare in Randfontein. Besluit ek eendag om die dorp se hoofstraat te voet op en af te stap.

Nou verwag ek nog plekke soos Acme Fire Arms and Furniture, Uniewinkels, Pearl Electric, Rand Cycle House, Pappa’s Café, Garvie’s Apteek, Alpha Paint ensovoorts. Wat ‘n kultuurskok.

Vergeet die vuil, verwaarlosing en mangate sonder deksels — is die hoofstraat besmet met deurkosynleenende volksvreemdes.

Is ek maar net eenvoudig naief of stiksienig, of benodig Randfontein werklik ‘n legio selfoonwinkels wat enige goedkoop aanmekaargetimmerde blink gemors ten duurste verkwansel?

Op elke hoek en draai staan drie ander volksvreemdes elk met ‘n strooibiljet wat summier in jou hand geprop word.

Weier jy dit, kry jy die gewone witoogrol en die klap van die tong. Wat adverteer hierdie gemors?

Die een lees Weak Erection, die ander Guaranteed Penis Enlargement en die derde een Safe Abortion.

Nou indien die Weak Erection herstel is en die Penis is Enlarged, is dit mos vanselfsprekend dat ‘n Safe Abortion gaan volg, nie waar nie.

Innoverend. Entrepreneurskap uit die boonste rakke. Wat egter jammer is, dit werk nie.

Stap by Village Square in einde van die maand en noem my ‘n leuenaar.

Jy, ANC, het ‘n pragdorp wat jare geneem het om te ontwikkel, 20-jaar gelede bloot gevat.

Jy misluk hopeloos in jou powere poging tot regeer en ooheersing die afgelope 20-jaar.

Hierdie dorp is met sorg, liefde en toewyding gestig en ontwikkel en is op die oomblik ‘n walglike, onaanskoulike, vuil en slaggatdeurtrekte seeroog.

Die gemeenskap van Randfontein moet nie net daagliks al dié onnodige dinge sien nie, maar dit is hartseer om te weet dat ons as gemeenskap daagliks met dit moet saamleef.

Daar sal drasties iets aan die toestand van ons dorp gedoen moet word.

Ek meen daar word jaarliks begrotings beplan en geld uiteengesit om sekere aspekte van Randfontein te verbeter, maar steeds sien ons nie ‘n verskil nie.

Ek dink dit is verregaande en daarom doen ek ‘n beroep op die plaaslike munisipaliteit om in te gryp en die gemors op te klaar.

Brief onveranderd geplaas — Red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button